Skip to content
New issue

Have a question about this project? Sign up for a free GitHub account to open an issue and contact its maintainers and the community.

By clicking “Sign up for GitHub”, you agree to our terms of service and privacy statement. We’ll occasionally send you account related emails.

Already on GitHub? Sign in to your account

Update ru/2024-04, af/2024-04 #3123

Merged
merged 2 commits into from
Oct 2, 2024
Merged
Show file tree
Hide file tree
Changes from all commits
Commits
File filter

Filter by extension

Filter by extension

Conversations
Failed to load comments.
Loading
Jump to
Jump to file
Failed to load files.
Loading
Diff view
Diff view
17 changes: 15 additions & 2 deletions src/af/2024-04/03/01.md
Original file line number Diff line number Diff line change
Expand Up @@ -3,5 +3,18 @@ title: 'Die agtergrondverhaal: Die Voorwoord'
date: 12/10/2024
---

### <center>Ons werk aan hierdie les.</center>
<center>Kom asseblief later terug.</center>
### Skrifverwysings vir hierdie week se studie
Johannes 1:1–5, Génesis 1:1, Johannes 1:9–13, Johannes 3:16–21, Johannes 9:35–41, Matthéüs 7:21–23, Johannes 17:1–5

> <p>Geheueteks</p>
> “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God” Johannes 1:1.

Eek een het die laaste gedeelte van Johannes behandel waar dit verduidelik word hoekom hy die Evangelie geskryf het. Hierdie week se les gaan weer terug na die begin van hierdie Evangelie waar Johannes, geïnspireer deur

die Heilige Gees, die rigting bepaal waarheen hy van plan is om die leser te neem. Die Nuwe Testamentiese skrywers se eerste woorde en paragrawe dui dikwels aan watter onderwerpe hulle van plan is om te dek. En so maak Johannes ook deur onderwerpe aan te bied wat deel is van ‘n belangrike of grootse kosmiese omvang, en wat kragtige waarhede oor Jesus Christus uitbeeld — waarhede wat teruggaan tot selfs voor die Skepping.

Hierdie aanbieding aan die begin van die boek gee aan die lesers wat reeds weet dat Jesus die Messias is, ‘n voordeel wat die karakters in die boek self nie gehad het nie. Die leser kan duidelik die belangrike onderwerpe sien waarna die evangelieskrywer terugverwys terwyl hy die verhaal van Jesus vertel. Hierdie belangrike onderwerpe word in die historiese periode van Jesus se lewe op aarde geplaas.

Hierdie week se les begin met die Voorwoord (Johannes 1:1–18) en som die hoofonderwerpe daarvan op. Hierdie onderwerpe sal dan ook op ander plekke in Johannes se Evangelie behandel word.

_*Bestudeer hierdie week se les ter voorbereiding vir Sabbat, 19 Oktober._
21 changes: 18 additions & 3 deletions src/af/2024-04/03/02.md
Original file line number Diff line number Diff line change
@@ -1,7 +1,22 @@
---
title: Les
title: In die begin — die Goddelike Woord
date: 13/10/2024
---

### <center>Ons werk aan hierdie les.</center>
<center>Kom asseblief later terug.</center>
`Lees Johannes 1:1–5. Wat onthul hierdie woorde oor die Woord, Jesus Christus?`

Die Evangelie van Johannes begin met hierdie ongelooflike gedagte: “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God” (Johannes 1:1). Hierdie een kosbare sin bevat so ‘n geweldige diep gedagte dat ons dit skaars kan begryp.

Eerstens sinspeel die evangelieskrywer op die Skeppingsverhaal in Génesis 1:1, “In die begin”. Die Woord was reeds daar voor die begin van die heelal. Johannes bevestig dus Jesus se ewige bestaan.

Daarna volg “en die Woord was by God”. In Johannes 1:18 verwys Johannes na Hom, Hy “wat in die boesem van die Vader is”. Maak nie saak hoe ons ook al probeer om te begryp wat hierdie presies beteken nie, een ding is seker: Jesus en die Vader is intiem met mekaar verbind.

En dan sê hy, “en die Woord was God”. Maar hoe kan die Woord by God wees en tegelykertyd God wees? Die antwoord word in die Grieks gevind. Die Griekse taal het ‘n bepalende lidwoord, die, maar geen onbepalende lidwoord, ‘n, nie. Wat dan vir ons belangrik is, is dat die Griekse bepalende lidwoord “die” op eiebelang bo algemene belang dui, op een of ander bepaalde voorwerp of persoon.

In die sinsnede “die Woord was by God”, bevat die woord “God” die lidwoord, wat dus na ‘n bepaalde indiwidu verwys, na die Vader: En die Woord was by die Vader. In die sinsnede, “en die Woord was God”, bevat die sinsnede “en die Woord was God” nie die lidwoord nie, wat, in hierdie verband, dui op die kenmerke van goddelikheid. Jesus is God — Hy is nie die Vader nie, maar Hy is nog die goddelike Seun van God, die tweede Persoon van die Godheid.

Die apostel bevestig hierdie begrip, want Johannes 1:3 en 4 sê dat Jesus die Skepper van alle dinge is. Enigiets wat eens nie bestaan het nie, maar toe tot stand gekom het, het net deur Jesus, die Skepper God, tot stand gekom.

“Die Here Jesus was van die voortyd af een met die Vader, Hy was ‘die beeld van God’, die beeld van Sy grootheid en majesteit, ‘die afskynsel van sy heerlikheid’”. — Ellen G. White, Die Koning van die Eeue, bl. 19.

`Waarom vorm die volle godheid van Christus so ‘n belangrike deel van ons teologie? Wat sou ons verbeur het as Jesus enigsins slegs ‘n geskape wese was? Bring jou antwoord na die klas op Sabbat en wees gereed om te bespreek waarom Christus se ewige goddelikheid so belangrik vir ons geloof is.`
19 changes: 16 additions & 3 deletions src/af/2024-04/03/03.md
Original file line number Diff line number Diff line change
@@ -1,7 +1,20 @@
---
title: Les
title: Die Woord het vlees geword
date: 14/10/2024
---

### <center>Ons werk aan hierdie les.</center>
<center>Kom asseblief later terug.</center>
`Lees Johannes 1:1–3 en vers 14. Wat vertel hierdie verse ons wat Jesus as God self, gedoen het – en waarom is hierdie waarheid die belangrikste waarheid wat ons ooit kan ken?`

Johannes begin sy Evangelie nie met die naam “Jesus” nie, of met Jesus se rol as die Messias/Christus nie, maar met die woord logos. Gedurende die tyd toe Johannes geskryf het, het verskeie filosowe die woord logos gebruik om na die rasionele struktuur (dit wat die verstand kan begryp) van die heelal te verwys, of om na logiese denke en rede self te verwys.

Die leringe van die invloedryke antieke filosoof Plato het ook die werklikheid in twee stelsels verdeel. Een is die hemelse en onveranderlike stelsel waar absolute volmaaktheid bestaan. Die ander is die stelsel hier op aarde – verganklik, veranderlik, ‘n onvolmaakte verteenwoordiging van die volmaakte hemelse stelsel wat waar ook al sou bestaan het. (Plato het nooit hierdie vraag beantwoord nie.) Sommige filosowe het die logos geïdentifiseer as een of ander abstrakte bemiddeling tussen die ewige stelsels en die verganklike aardse stelsels.

Johannes gebruik die woord heeltemal verskillend. Hy beweer dat die waarheid, die logos, nie een of ander eteriese (hemelse) en abstrakte konsep is wat tussen hemel en aarde rondsweef nie. Die logos is ‘n persoon: Jesus Christus, wat vlees geword het en onder ons kom woon het (Johannes 1:14).

Vir Johannes is logos die Woord van God. Wat nog meer belangrik is, God het met ons gekommunikeer; d.w.s., Hy het Homself aan die mensdom op die mees radikale wyse geopenbaar: God het een van ons geword.

In die Evangelie van Johannes verteenwoordig die woord logos die ewige God wat tyd en ruimte betree, wat praat, optree en onderling met mense op ‘n persoonlike vlak verkeer. Die ewige God het ‘n mens geword, en een van ons.

In Johannes 1:14 dui die apostel aan dat die logos “vlees geword [het] en onder ons gewoon [het]”. Die onderliggende Griekse woord wat as woon vertaal word, beteken om ‘n tent op te slaan. Johannes sinspeel hier op Exodus 25:8 waar God aan die Israeliete gesê het om ‘n heiligdom te bou, ‘n tentstruktuur, sodat Hy onder hulle kon woon. Op dieselfde wyse het Jesus, die goddelike Seun van God, met die vleeswording mens geword en sy heerlikheid bedek sodat mense met Hom kontak kon maak.

`Dink aan die implikasies van wat Johannes hier geskryf het. God self, die Skepper, het ‘n menslike wese geword, een met ons, en het hier onder ons kom leef. (Ons het nog nie eers by sy sterwe vir ons uitgekom nie!) Wat sê dit aan ons oor die werklikheid van God se liefde vir die mensdom? Waarom behoort ons soveel vertroosting uit hierdie ongelooflike waarheid te put?`
17 changes: 14 additions & 3 deletions src/af/2024-04/03/04.md
Original file line number Diff line number Diff line change
@@ -1,7 +1,18 @@
---
title: Les
title: Om sy Woord te hoor of nie te hoor nie
date: 15/10/2024
---

### <center>Ons werk aan hierdie les.</center>
<center>Kom asseblief later terug.</center>
`Lees Johannes 1:9–13. Watter harde werklikheid beeld Johannes hier uit oor hoe mense teenoor Jesus optree?`

Die voorwoord, Johannes 1:1–18, beskryf nie net wie Jesus, die Woord (logos), is nie, maar ook hoe mense teenoor Hom opgetree het en nog steeds optree. In Johannes 1:9 word Hy genoem: die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld. Daardie lig deurstraal die wêreld, en maak dit verstaanbaar. Soos C. S. Lewis dit beskryf, “Ek glo in die Christendom soos wat ek glo dat die Son opgekom het, nie net omdat ek dit sien nie, maar omdat ek deur dit alles sien.” — “Is Theology Poetry?” (n. p.: Samizdat University Press, 2014), bl. 15, oorspronklik aangebied 1944, (vry vertaal).

Kyk ook na die implikasies van wat Johannes 1:9 sê. Almal ontvang lig, maar nie almal verwelkom die lig nie. ‘n Hooftema in die Evangelie van Johannes is hoe mense Jesus ontvang of verwerp soos wat ons in môre se studie gaan sien. Daardie tema begin hier. Die treurige geskiedenis leer ons dat die Messias na sy eie volk gekom het, die volk van Israel, en baie van hulle het Hom nie as die Messias ontvang nie.

In Romeine 9–11 behandel Paulus dieselfde tragiese onderwerp van so baie Jode wat Jesus verwerp het. Maar Paulus sluit nie met negatiewe nuus af nie. Hy sê dat baie Jode, saam met die heidene, Jesus as hulle Messias sal aanvaar. Inderdaad, hy waarsku die heidene om nie hoogmoedig teenoor die Jode te wees nie. “Want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild was, en teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul eie olyfboom ingeënt word?” (Romeine 11:24)

Op soortgelyke wyse sê Johannes dat almal wat Jesus as hulle Verlosser ontvang, die kinders van God sal word. Dit gebeur deur in sy Naam te glo. (Lees Johannes 1:12, 13.)

Hier is die verband tussen die voorwoord en die slotsom van die Evangelie. In Johannes 20:31 sê die apostel waarom hy geskryf het — dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en dat julle deur te glo die lewe in sy Naam kan hê. Die voorwoord en die slot vorm dus ‘n tipe eenheid, verwante gedagtes wat alles insluit wat tussenin gebeur. Hierdie verbinding wys na die oorkoepelende doel van die Evangelie van Johannes — dat die mens gered word deur in Jesus Christus as hulle Verlosser te glo.

`Hoe het jou lewe verander toe jy ‘n seun of dogter van God geword het?`
17 changes: 14 additions & 3 deletions src/af/2024-04/03/05.md
Original file line number Diff line number Diff line change
@@ -1,7 +1,18 @@
---
title: Les
title: Temas wat weer verskyn — Geloof/Ongeloof
date: 16/10/2024
---

### <center>Ons werk aan hierdie les.</center>
<center>Kom asseblief later terug.</center>
`Lees Johannes 3:16–21, Johannes 9:35–41 en Johannes 12:36–46. Hoe herhaal hierdie teksverse die tema van geloof/ongeloof wat in die voorwoord voorkom?`

In Johannes se Evangelie skyn dit asof die mensdom in twee oorkoepelende groepe verdeel is: diegene wat in Jesus glo en Hom as die Messias aanvaar, en diegene wat die geleentheid het om te glo maar verkies om nie te glo nie.

Die dissipels is in die eerste groep, so ook ander soos Nikodémus (wat stadigaan gelowig geword het), die vrou by die fontein en die man wat blind gebore was. In die tweede groep is die Fariseërs en die hoëpriesters, die mense wat teenwoordig was tydens die wonderwerk van die vermeerdering van die brode om 5,000 te voed, en selfs een van die dissipels, Judas.

Dit is interessant dat geloof (Grieks pistis), ‘n selfstandige naamwoord, nooit in die Evangelie van Johannes verskyn nie. Maar, die werkwoord glo (pisteuō) verskyn 98 keer in vergelyking met 241 keer in die hele Nuwe Testament! Hierdie werkwoord is inderdaad ‘n baie groot tema in Johannes. Hierdie gebruik van die werkwoord in plaas van die selfstandige naamwoord kan in ‘n sekere sin dui op ‘n baie aktiewe wyse om ‘n Christen te word. Om in Jesus te glo, is wat ons doen, en dit word getoon in hoe ons lewe en om nie slegs ‘n stel geloofsoortuigings te hê nie. Soos ons weet, die duiwel glo ook in Jesus (lees Jakobus 2:19).

In Johannes is die hoofverskil tussen die twee groepe die wyse hoe hulle teenoor Jesus optree. Gelowiges, of diegene wat gelowig word, is openhartig met Hom, selfs wanneer Hy hulle konfronteer of teregwys. Hulle kom na Jesus toe en hardloop nie weg nie. Hy is die Lig wat op hulle skyn. En deur geloof, deur te glo, word hulle die kinders van God.

Ongelowiges, aan die anderkant, kom na Jesus om met Hom te veg. Hulle word gekenmerk as diegene wat die duisternis meer liefhet as die lig. Hulle vind dit moeilik om Sy uitsprake te aanvaar of hulle sien Hom as iemand wat ou tradisies verander en nie hulle verwagtinge tegemoetkom nie. Hulle is reg om Hom te veroordeel liewer as om toe te laat dat sy lig hulle meet (toets) en hulle oordeel. Hierdie gesindheid was natuurlik oor en oor in die godsdienstige leiers gesien wat ideal-gesproke as die geestelike leiers van die nasie eerste moes wees om Jesus te aanvaar.

`Op watter maniere weerspieël jou lewe jou geloof in Jesus, in plaas daarvan om net ‘n intellektuele aanvaarding van Hom as die Messias te hê? Waarom is dit belangrik om die verskil te ken? (Lees Matthéüs 7:21–23.)`
21 changes: 18 additions & 3 deletions src/af/2024-04/03/06.md
Original file line number Diff line number Diff line change
@@ -1,7 +1,22 @@
---
title: Les
title: Temas wat weer verskyn — Heerlikheid
date: 17/10/2024
---

### <center>Ons werk aan hierdie les.</center>
<center>Kom asseblief later terug.</center>
`Lees Johannes 17:1–5. Wat het Jesus bedoel toe Hy gesê het, “Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik”?`

Gister se studie het die aardse, die menslike geslagslyn in die Evangelie van Johannes behandel met sy stryd en onderlinge inwerking tussen mense oor wie Jesus is, en wat Hy besig is om te doen. Vandag se studie fokus op die goddelike, die kosmiese verhaal wat ook in die Evangelie van Johannes gevind word.

Die voorwoord begin met daardie kosmiese verhaal. Jesus word as die goddelike Seun van God, die Skepper van die heelal voorgestel. Om te herhaal, enigiets wat eers nie bestaan het nie, maar wat ontstaan het, het net deur Jesus ontstaan. “Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie” (Johannes 1:3). Maar, die verhaal vertel verder van sy heerlikheid, van sy menswording deur sy vleeswording (Johannes 1:14). Johannes gebruik die woorde heerlikheid (doxsa, helderheid, glansrykheid, befaamdheid, eerbaarheid) en verheerlik (doxsazō, om Hom te loof, te eer, te verhef, te prys) om beide deur die mens vereer of deur God verheerlik te word.

In Johannes word die gedagte van Jesus se verheerliking aan die gedagte van sy uur gekoppel; d.w.s., die tyd van sy dood (vergelyk Johannes 2:4, 7:30, 8:20, 12:23–27, 13:1, 16:32 en 17:1). Die kruis is sy uur van verheerliking.

Hierdie gedagte is nogal paradoksaal (skynbaar teenstrydig), want om gekruisig te word was die skandelikste en vernederendste manier om in die antieke Roomse wêreld tereggestel te word. Hierdie ongelooflike kontras, God op ‘n kruis, illustreer die ineenstrengeling van die mensdom se komplotverhaal met die goddelike.

Op menslike vlak het Jesus in angs gesterf, ‘n veragte krimineel wat in swakheid uitgeroep het “ ‘My God, my God, waarom het U my verlaat?’ ” Hierdie menslike, donker sy van die kruis word meer spesifiek in Matthéüs en Markus aangebied (Matthéüs 27:46, Markus 15:34).

Maar die glorieryke sy van die kruis word veral in Lukas en Johannes aangebied (Lukas 23:32–47, Johannes 19:25–30). Dit is ‘n plek van verlossing, van genade, en waar die Seun van God Homself aan sy Vader gee.

Hoe ironies: God se grootste eer word in sy grootste skande geopenbaar — om die sondes van die wêreld in Homself te dra.

`Dink na oor wat dit beteken dat dit so ‘n drastiese optrede geneem het, God self op die kruis, om ons van sonde te red. Wat behoort dit aan ons te vertel oor hoe erg sonde werklik is?`
13 changes: 11 additions & 2 deletions src/af/2024-04/03/07.md
Original file line number Diff line number Diff line change
Expand Up @@ -3,5 +3,14 @@ title: Vir verdere studie
date: 18/10/2024
---

### <center>Ons werk aan hierdie les.</center>
<center>Kom asseblief later terug.</center>
Ellen G. White, “ ‘God Met Ons,’ ” in Die Koning van die Eeue, bl. 19–26.

“Die Here Jesus Christus, die goddelike Seun van God, het van ewigheid bestaan, ‘n afsonderlike persoon, maar tog een met die Vader. Hy was die ongeëwenaarde heerlikheid van die hemel. Hy was die bevelvoerder van die hemelse wesens, en Hy het die aanbidding en eerbetoning van die engele as sy reg ontvang. Hierdie reg was nie as roof geag om aan God gelyk te wees nie [Spreuke 8:22–27 aangehaal]. “Daar is lig en heerlikheid in die waarheid dat Christus Een met die Vader was voor die grondlegging van die wêreld. Dit is die lig wat in die duisternis skyn, wat dit glansryk maak met goddelike oorspronklike heerlikheid. Hierdie waarheid, oneindig misterieus opsigself, verduidelik ander verborge en andersins onverklaarbare waarhede, terwyl dit met ontoeganklike en onbegryplike lig omhul is.” — Ellen G. White Comments, The Seventh-day Adventist Bible Commentary, vol. 5, bl. 1126, (vry vertaal).

“Jesus het gesê: ‘En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek.’ Johannes 12:32. Christus moet aan die sondaar geopenbaar word as die Een wat vir die sondes van die wêreld gesterf het; en namate ons die Lam van God aan die kruis van Gólgota aanskou, sal die verborgenheid van die verlossing vir ons duidelik begin word, en die goedheid van God sal ons tot bekering lei. Deur vir sondaars te sterf, het Christus ‘n onuitspreeklike liefde geopenbaar; en namate die sondaar hierdie liefde besef, versag dit sy hart en verwek dit berou in sy siel. . . . Maar wanneer hulle ‘n poging aanwend om te hervorm as gevolg van ‘n opregte begeerte om te doen wat reg is, is dit die krag van Christus wat hulle trek. Hulle word beïnvloed deur ‘n krag waarvan hulle onbewus is, hulle gewete word wakker en hulle lewe verbeter. Namate Christus hulle trek na die kruis om Hom daar te aanskou – die Een wat vir hul sondes deurboor is – begin hulle dink aan die wet.”–Ellen G. White, Skrede na Christus, bl. 26-27.

**Vrae vir bespreking**:

`Waarom sou Johannes sy Evangelie begin deur oor Jesus se rol as Skepper te praat? Wat sê dit aan ons oor die belangrikheid van die Skepping as deel van alle teologie? Waarom is dit dan belangrik dat ons ‘n korrekte begrip van die Skepping moet hê soos wat dit in die Skrif geopenbaar word?`

`Bedink weer die vraag wat aan die einde van Sondag se studie gevra was. Wat gebeur met die kruis as, in plaas van die ewige God, ‘n geskape wese daarop sou gesterf het? Wat verloor ons as Jesus enigiets anders as die ewige God was?`
Loading
Loading